Corrie Sanders
Suid Afrikaanse bokser / From Wikipedia, the free encyclopedia
Corrie Sanders (7 Januarie 1966 - 23 September 2012) was 'n Suid-Afrikaanse professionele bokser. In 2003 word hy die WBO-swaargewigkampioen deur Wladimir Klitschko in die tweede rondte uit te slaan. Dit word as een van die grootste opskuddings in die geskiedenis van swaargewig boks beskou. Hiervoor is hy deur Ring Magazine vir die "upset of the year" bekroon. Sanders het in 2008 met 'n indrukwekkende rekord van 42 oorwinnings en slegs vier nederlae uitgetree.
Kitsfeite Statistiek, Geboortenaam ...
Corrie Sanders | |
Statistiek | |
---|---|
Geboortenaam | Cornelius Johannes Sanders |
Bynaam(e) | Die skerpskutter |
Gewigklas | Swaargewig |
Lengte | 1.93 m |
Armlengte | 196 cm |
Nasionaliteit | Suid-Afrikaans |
Geboorte | 7 Januarie 1966 Pretoria |
Sterfte | 23 September 2012 (op 46) Pretoria |
Boksrekord | |
Totale gevegte | 46 |
Oorwinnings | 42 |
Oorwinnings met uitklophou | 31 |
Verloor | 4 |
Gelykop | 0 |
Geen wedstryd | 0 |
Sluit