De Long-eilande
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die De Long-eilande (Russies: Острова Де-Лонга; Jakoeties: Де Лоҥ арыылара) is ’n onbewoonde subgroep van die Nieu-Siberiese Eilande noord van die Oos-Siberiese kus tussen die Laptef-see en die Oos-Siberiese See noord van Sacha (Jakoetië). Hulle lê noordoos van Nowaja Sibir en word dikwels nie beskou as deel van die Nieu-Siberiese Eilande nie. Die totale oppervlakte van die De Long-eilande is sowat 228 km².
Kitsfeite De Long-eilande Inheemse naam: Острова Де-Лонга; Де Лоҥ арыылара, Geografie ...
De Long-eilande Inheemse naam: Острова Де-Лонга; Де Лоҥ арыылара | |
---|---|
Die Nieu-Siberiese Eilande. | |
Geografie | |
Ligging | Rusland, Arktiese Oseaan |
Koördinate | 76°39′N 153°39′O |
Argipel | Nieu-Siberiese Eilande |
Totale eilande | 5 |
Hoofeilande | Jeannette-eiland, Henriëtta-eiland, Bennett-eiland, Wilkitskowo-eiland, Zjachowa-eiland |
Oppervlakte | 228 vk km |
Administrasie | |
Rusland | |
Republiek | Jakoetië
|
Demografie | |
Bevolking | 0
|
Sluit
Die subgroep bestaan uit:
- Jeannette-eiland (о. Жанне́тты)
- Henriëtta-eiland (о. Генрие́тты)
- Bennett-eiland (о. Бе́ннетта)
- Wilkitskowo-eiland (о. Вильки́цкого)
- Zjachowa-eiland (о. Жо́хова)
Bennett-eiland is die grootste. ’n Groot deel van die eilande is met gletsers bedek. Hulle behoort administratief aan Sacha (Jakoetië), ’n republiek van die Russiese Federasie.