FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1958
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die sesde FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi (Sweeds: Världsmästerskapet i Fotboll – Sverige 1958; Engels: FIFA World Cup) is vanaf 8 tot 29 Junie 1958 in Swede aangebied. Dit was die eerste Sokker-Wêreldbekertoernooi wat in Swede aangebied is en die vierde in Europa.
Världsmästerskapet i Fotboll – Sverige 1958 | |
---|---|
Toernooi-inligting | |
Gasheerland | Swede |
Datums | 8 Junie – 29 Junie |
Spanne | 16 (van 3 konfederasies) |
Stadions | 12 (in 12 stede) |
Finale uitslag | |
Kampioene | Brasilië (1 titel) |
Tweede plek | Swede |
Derde plek | Frankryk |
Vierde plek | Wes-Duitsland |
Toernooi-statistieke | |
Wedstryde gespeel | 35 |
Doele | 126 (3.6 per wedstryd) |
Bywoning | 819 810 (23 423 per wedstryd) |
Meeste punte | Just Fontaine (13 doele)[1] |
Beste speler | Didi |
← 1954 1962 → |
16 nasionale sokkerspanne het aan die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1958 deelgeneem. Die spanne is in vier groepe verdeel, waarvan die twee beste spanne van elke groep na die uitklopfase deurgedring het. Brasilië het die trofee gewen nadat hulle die gasheer Swede met 5–2 in die eindstryd geklop en sodoende hul eerste wêreldbekertitel ingepalm het. Frankryk het in die derde en die verdedigende kampioen Wes-Duitsland in die vierde plek geëindig.
Die Suid-Afrikaanse nasionale sokkerspan het nie aan die toernooi deelgeneem nie omdat hulle nie ’n lid van FIFA was nie. Die nasionale sokkerspanne van Noord-Ierland, die Sowjetunie en Wallis het vir die eerste keer aan ’n Sokker-Wêreldbekertoernooi deelgeneem.
Tydens die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1958 het die Franse Just Fontaine 13 doele aangeteken, meer as enige ander sokkerspeler tydens een enkele Sokker-Wêreldbekertoernooi. Dié toernooi word ook vir die destydse 17-jarige Brasiliaanse Pelé se internasionale debuut onthou.