Gebruiker:JMK/Taalgebruik
From Wikipedia, the free encyclopedia
Onderaan volg 'n aantal Afrikaanse spel- en taalriglyne wat dalk moeilike besluite vergemaklik of eenvormigheid kan meebring. Enige opmerkings word verwelkom – ek is reeds op verskillende punte terreggewys. Voorbeelde van hierdie foute duik algemeen op in Wikipedia en in my eie skrywes. Sommige inligting hier word blykbaar as verouderd beskou en wisselvorme word pleks daarvan aanvaar. Die dikwels onkundige en ongeergde publiek[1] word hul sin gegee, en Van der Merwe se voorstelle van 1966 pas miskien by dié wat strenger korrek wil wees. Voorbehoud: Soos die verwysings aandui word verskillende bronne geraadpleeg wat soms teenstrydige advies gee, eerder as om enige kommissie as die wysheid in pag te aanvaar. Sover ek Wikipedia se standpunt verstaan is dit ook nie korrek om 'n eksterne owerheid oor ons aan te stel nie. Wat hierdie bladsy dan betref kan selfs skrywers aandui wat gangbare Afrikaans is aldan nie.