Gedera
From Wikipedia, the free encyclopedia
Gedera, Gdera of Gadera (onoffisieel) (Hebreeus: גְּדֵרָה , Arabies: غديرا , betekenis: 'skaapstal') is 'n Israeliese nedersetting en munisipaliteit in die Sentrale-distrik. Die munisipale gebied het sowat 26.000 inwoners (2015) en 'n oppervlakte van 14,5 km². Die stad is in 1884 deur Russiese Jode gestig. Teenwoordig is die helfte van die bevolking van Jemenities-Joodse afkoms.
Kitsfeite Gedera גְּדֵרָה غديرا Gdera / Gadera, Land ...
Gedera גְּדֵרָה غديرا Gdera / Gadera | |
---|---|
Nedersetting | |
Uitsig op Gedera | |
Koördinate: 31°48′58″N 34°46′37″O | |
Land | Israel |
Distrik | Sentrale |
Stigting | 1884 |
Regering | |
• Burgemeester | Yoel Gamliel |
Oppervlak | |
• Totaal | 14,500 km2 (5,598 vk. myl) |
Hoogte | 0,20 m (,66,23 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 26 217 |
Tydsone | UTC+2 (IST) |
• Somertyd | UTC+3 (IDT) |
Sluit
Belangrike geboue is die Museum van die Geskiedenis van Gedera en die Biluim en die Yeshurun Sentrale Sinagoge.
In die munisipaliteit word baie druiwe, grane, sitrusvrugte en andere groente gekweek en daar is ook industriële ondernemings.
Yoel Gamliel is burgemeester van die munisipaliteit.