Geuse (Tagtigjarige Oorlog)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Geuse (Nederlands: Geuzen) was aanvanklik Nederlandse edelmanne en teenstanders van die Spaanse koning Filips II. Later het die term spesifiek verwys na die stryders wat te land (die Bosgeuse, soms ook wilde geuse; Nederlands: wilde geuzen, genoem) of te water (Watergeuse; Nederlands: watergeuzen) die Spanjaarde beveg het.