Groot Lawra (Athos)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Groot Lawra (Grieks: Μεγίστη Λαύρα, Megísti Lávra) is die eerste klooster wat op Berg Athos in Griekeland gebou is. Dit is aan die suidoostelike voet van die berg, sowat 160 meter bo die seevlak.
Die stigting van die klooster in 963 n.C. deur Athanasius van Athos was die begin van ’n georganiseerde monnikelewe op Berg Athos. Dit is gebou op een van die antieke stede van die skiereiland, miskien Akrothoön. Die geskiedenis van die klooster is die volledigste van die 20 kloosters op Athos omdat die historiese argiewe feitlik ongeskonde behoue gebly het. Dit is moontlik dat die bestudering van dié argiewe lig kan werp op die geskiedenis van die ander kloosters, waarvan die argiewe gedeeltelik of heeltemal verlore gegaan het.