Herdersmaan
From Wikipedia, the free encyclopedia
’n Herdersmaan is ’n klein natuurlike satelliet wat ’n gaping in die materiaal van ’n planetêre ring veroorsaak of deeltjies in ’n ring bymekaarhou. Die naam kom van die feit dat die maan soos ’n “herder” of “veewagter” vir die deeltjies optree.
Vanweë hul swaartekraguitwerking werp herdersmane deeltjies uit hul oorspronklike wentelbaan deur wentelresonansies. Dit veroorsaak gapings in die ringstelsel, soos die treffende Cassini-verdeling in Saturnus se ringe, asook ander tipiese verskynsels soos verwringings.