Jèrriais
From Wikipedia, the free encyclopedia
Jèrriais (Frans: jersiais of soms ook français normand de Jersey) is die Normandiese dialek, wat op die Kanaaleiland Jersey nog steeds as omgangstaal gepraat word.
Jèrriais | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Jersey | |
Gebied: | Kanaaleilande | |
Totale sprekers: | 2 874 | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Romaans Wes-Romaans Galloiberies Galloromaans Gallorhaeties Oïl Normandies Jèrriais | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | Jersey | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | - | |
ISO 639-2: | - | |
ISO 639-3: | - | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Die eilandtaal word deur die regering van Jersey amptelik erken, alhoewel dit tans nie as amptelike taal dien nie. Daarnaas erken ook die Britannies-Ierse Raad Jèrriais as een van die streektale van Britse eilande, naas die taal van die Kanaaleiland Guernsey, Iers-Gaelies, Wallies, Skots-Gaelies, Skots, Ulster-Skots, Manx en Kornies.
Die Jèrriais-klasse op Jersey se skole kan op vrywillige basis bygewoon word.
Elemente van Jersey se inheemse Normandiese taal is in die eiland se plek- en straatname te vinde. Die museums, lughawe, seehawens en sommige parogieë gebruik twee- of drietalige borde en kennisgewings.
Volgens die sensus van die jaar 2001 praat 2 874 inwoners of twee persent van die totale bevolking Jèrriais as huistaal of maak soms van die taal gebruik. Tot by 15 persent van die bevolking kan gesprekke in Jèrriais min of meer volg. Vir die eerste keer is in 2001 'n toenemende gebruik van die taal by kinders en jongmense vasgestel.