Jean-François Lyotard
From Wikipedia, the free encyclopedia
Jean-François Lyotard (Frans: [ʒɑ̃ fʁɑ̃swa ljɔtaʁ]; Versailles, 10 Augustus 1924 – Parys, 21 April 1998) was 'n Franse sosioloog, literêre teoretikus en postmoderne filosoof. Sy interdissiplinêre diskoers sluit in sulke uiteenlopende onderwerpe soos epistemologie en kommunikasie, die menslike liggaam, moderne kuns en postmoderne kuns, literatuur en kitiese teorie, musiek, film, tyd en onthou, ruimte, die stad en platteland, die grootsheid en die verhouding tussen estetika en politiek. Hy is veral bekend vir sy artikulasie van die postmodernisme in die laat 1970s en die analise van die impak van die postmoderniteit op die menslike situasie. Hy was die mede-stigter van die International College of Philosophy met Jacques Derrida, François Châtelet en Gilles Deleuze.
Jean-François Lyotard | |
Gebore | (1924-08-10)10 Augustus 1924 Versailles, Frankryk |
---|---|
Oorlede | 21 April 1998 (op 73) Parys, Frankryk |
Nasionaliteit | Frankryk |
Vakgebied | Sublieme, Judaïsme, Sosiologie |
Instelling(s) | Lycée d'Aumale (1950–52)[1] Collège Henri-IV de La Flèche (1959–66)[1] Universiteit van Parys (1959–66)[1] Universiteit van Parys X (1967–72)[1] Centre national de la recherche scientifique (1968–70)[1][1] Pantheon-Sorbonne Universiteit (1970) Universiteit van Parys VIII (1972–87)[1] Collège International de Philosophie Johns Hopkins Universiteit[1] Universiteit van Kalifornië, San Diego[1] Universiteit van Kalifornië, Berkeley[2] Universiteit van Wisconsin–Milwaukee[2] Universiteit van Kalifornië, Irvine (1987–94)[2][3] Emory Universiteit (1994–98)[2] |
Alma mater | Universiteit van Parys (BA/MA) Universiteit van Parys X (DrE, 1971) |
Bekend vir | Die "postmoderne toestand", Ineenstorting van die "grand narrative", libidinale ekonomie |
Beïnvloed deur | Michel de Montaigne, Immanuel Kant, Karl Marx, Sigmund Freud, Ludwig Wittgenstein, Talcott Parsons, Martin Heidegger, Émile Durkheim, J.L. Austin, Friedrich Nietzsche,[4] Jacques Lacan, Pierre Klossowski[5] |
Invloed op | Richard Rorty, Roland Barthes, Alain Badiou |