Onderhandelinge om apartheid te beëindig
onderhandelinge tussen die regerende Nasionale Party, die African National Congress en 'n wye verskeidenheid ander politieke organisasies on apartheid te beëindig / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die apartheidstelsel in Suid-Afrika is deur die onderhandelinge tussen 1990 en 1993 en deur die stappe van die De Klerk-regering beëindig. Hierdie onderhandelinge het plaasgevind tussen die regerende Nasionale Party, die African National Congress en 'n wye verskeidenheid ander politieke organisasies. Onderhandelinge het plaasgevind teen die agtergrond van politieke geweld in die land, insluitend bewerings van 'n staatsgeborgde derde mag wat die land destabiliseer. Die onderhandelinge het gelei tot die eerste nie-rassige verkiesing van Suid-Afrika, wat deur die African National Congress gewen is.
Die Konvensie vir 'n Demokratiese Suid-Afrika (KODESA) was deel van 'n reeks onderhandelige wat tot die oorgang na ‘n demokrasie met universele stemreg gelei het.