Kings Park-stadion
From Wikipedia, the free encyclopedia
Kings Park-stadion, ook bekend as Hollywoodbets Kings Park vir borgskapdoeleindes, is 'n stadion wat in Durban, Suid-Afrika geleë is. Die stadion is oorspronklik in 1891 gebou en is in die middel-1990's opgeknap. Die stadion kan 52 000 toeskouers akkomodeer en word gebruik vir beide rugby- en sokkerwedstryde. Die stadion is aangrensend aan die Moses Mabhidastadion, in die Kings Park-sportkompleks, en die Durban-straatbaan wat gebruik was vir die A1 GP Wêreldbeker van motorsport. Dit sluit in 'n aangrensende binnehuisarena, sokkermuseum, sportinstituut en 'n treinstasie.
Kitsfeite Volle naam, Vorige name ...
Kings Park-stadion | ||
Lugbeeld van die Kings Park-stadon in 2013 | ||
Volle naam | Hollywoodbets Kings Park | |
---|---|---|
Vorige name | ABSA-stadion (2000–2010) Mr Price Kings Park (2011–2012) Growthpoint Kings Park (2013–2018) Jonsson Kings Park (2018–2022) | |
Ligging | Durban | |
Koördinate | 29°49′29.60″S 31°1′46.88″O | |
Eienaar | eThekwini Metropolitaanse Munisipaliteit | |
Kapasiteit | 52 000 (rugby en sokker) | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Gebou | 1891 | |
Geopen | 28 Junie 1958 | |
Renovasie | 1984, 1993–1995 | |
Huurders | ||
Natalse Haaie, Sharks, Golden Arrows en AmaZulu FC |
Sluit
Die stadion word tans deur die volgende spanne gebruik:
- Die Sharks tydens (Verenigde Rugbykampioenskapwedstryde.
- Die Natalse Haaie tydens Curriebekerwedstryde.
- Die Springbokke op 'n roterende basis met ander stede vir internasionale rugbytoetse.
- Golden Arrows in die Premier Sokkerliga.