Koekepan
tipe spoorvoertuig wat met mynspoorweë gebruik word / From Wikipedia, the free encyclopedia
'n Koekepan (ook bekend as 'n ghollowan vanaf die Xhosawoord ingolovane), is 'n klein spoorgebonde waentjie of trollie. Dit word gebruik vir die vervoer, meestal oor korter afstande, van erts, steenkool, gruis, grond, klippe, sand, graan, vrugte, suikerriet, en dies meer.