L'être et le néant
From Wikipedia, the free encyclopedia
L'être et le néant: Essai d'ontologie phénoménologique (Afrikaans: Die Syn en die nietigheid: 'n fenomenologiese ontologisese essay; Engels: Being and Nothingness: An Essay on Phenomenological Ontology) is die eerste poging van die Franse filosoof Jean-Paul Sartre om die grondbeginsels van die eksistensialisme uiteen te sit. Dié boek uit 1943 is daarmee 'n poging om 'n beskrywing te gee van die menslike bestaan. Die werk is sterk beïnvloed deur die fenomenologie van Edmund Husserl en kan gesien word as die ontwikkeling van 'n eie fenomenologie deur Sartre. Dit word beskou as die magnum opus van Sartre.
L'être et le néant Essai d'ontologie phénoménologique | |
---|---|
Skrywer | Jean-Paul Sartre |
Land | Frankryk |
Taal | Frans |
Onderwerp | Ontologie |
Genre | Nie-fiksie |
Uitgewer | Éditions Gallimard, Philosophical Library |
Uitgegee | 1943 |
Medium | Druk (gebind & sagteband) |
Bladsye | 638 |
ISBN | 0-415-04029-9 |
Die boek bestaan uit vier dele. Die eerste deel fokus op die problematiek van die niks (nietigheid), die tweede deel gaan in op die bestaan en die ervaring van die selfbewussyn, die derde deel op die verhouding van die mens tot ander mense en die vierde en laaste deel gaan oor die etiese vraag ten opsigte van handelinge.