Livingstone en Stanley
From Wikipedia, the free encyclopedia
David Livingstone (1813-1873), ʼn sendelingdokter wat 'n ontdekkingsreisiger geword het, en Henry Morton Stanley (1841-1904) het mekaar in 1871 by Ujiji langs die Tanganjikameer ontmoet. Die woorde waarmee Stanley die doodsiek Livingstone sou gegroet het, het beroemd geword: "Dr. Livingstone, I presume?"
Dit is voorgestel dat hierdie artikel Verdeel moet word. (bespreek) |
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Livingstone se loopbaan as besielde sendeling en ontdekkingsreisiger was in 1871 al amper verby. Sy boeke en amptelike publikasies is as "menslike dokumente" vandag nog die moeite werd om te lees. Stanley was in 1871 'n ambisieuse joernalis. Die bekendheid wat hy verwerf het deur sy ontmoeting met Livingstone en deur sy eie deursettingsvermoë het dit vir hom moontlik gemaak om self 'n bekende ontdekkingsreisiger in Afrika te word.
Wetenskaplik was sy reise verdienstelik in die sin dat hy die fragmentariese kennis oor die Oos-Afrikaanse mere gesistematiseer het. Livingstone se reise het in die teken van menslike en wetenskaplike belangstelling gestaan, terwyl Stanley se laaste reise in diens van Europese imperialisme in Afrika was. Die twee bekendste ontdekkingsreisigers van die 19e eeu, dr. David Livingstone en Henry Stanley, se reise in Afrika het saamgeval met hernieude Europese belangstelling in Afrika en groeiende humanitêre gevoelens vir die bevolking van die vasteland.
Voor die ontdekkingsreise was die slawehandel die enigste rede vir Europa se belangstelling in Afrika, maar nadat die ontdekkingsreise die binneland bekend gemaak het, het die sogenaamde wedloop om Afrika ("scramble for Africa") begin. Sowel Livingstone as Stanley het veelgelese boeke oor hul reise gepubliseer en het 'n aansienlike inkomste daarmee verdien. Livingstone se boeke, wat in die eerste plek daarop gemik was om die Europese publiek in te lig, het saaklike titels gehad.
Die titels van Stanley se boeke was egter stemmingsvoller: Through the dark continent (1878) of In darkest Africa (1890) is titels wat duidelik aandui hoe veraf en geheimsinnig Afrika aan die einde van die 19e eeu nog vir die Europeërs was.