Mauritanië
Land in Noordwes-Afrika / From Wikipedia, the free encyclopedia
Mauritanië (Arabies: موريتانيا; Mūrītānyā; Wolof: Gànnaar; Soninke: Murutaane; Fula: Moritani; Frans: Mauritanie), amptelik die Islamitiese Republiek Mauritanië (Arabies: الجمهورية الإسلامية الموريتانية, al-Jumhūriyyah al-ʾIslāmiyyah al-Mūrītāniyyah; Frans: République Islamique de Mauritanie), is 'n land in Noordwes-Afrika. Mauritanië grens aan die Atlantiese Oseaan in die weste, Senegal in die suidweste, Mali in die ooste en suidooste, Algerië in die noordooste en die deur Marokko geannekseerde Wes-Sahara-gebied in die noordweste. Die grootste stad is die hoofstad Nouakchott, terwyl Nouadhibou die land se vernaamste ekonomiese sentrum is. Albei stede is aan die Atlantiese kus geleë. Die land is na die antieke Berberkoninkryk Mauretania genoem.
| |||||
Nasionale leuse: شرف إخاء عدل (Arabies vir: "Eer, Broederskap, Geregtigheid") | |||||
Volkslied: نشيد وطني موريتاني (Arabies vir: "Die land van vaderskap is die eervolle gawe") | |||||
Hoofstad | Nouakchott | ||||
Grootste stad | Nouakchott | ||||
Amptelike tale | Arabies • Frans (lingua franca) Nasionale tale: Pulaar, Soninke en Wolof[1] | ||||
Regering | Unitêre semi-presidensiële grondwetlike Islamitiese republiek Mohamed Ould Ghazouani Mohammed Ould Bilal | ||||
Onafhanklikheid | 28 November 1960 12 Julie 1991 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
1 030 000 km2 (28ste) 400 000 myl2 0,03 | ||||
Bevolking - 2018-skatting - 2013-sensus - Digtheid |
4 403 018[2][3] (-) 3 537 368[4] 3,4 / km2 (221ste) 8,8 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2019-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2019-skatting | ||||
MOI (2018) | 0,527[6] (161ste) – laag | ||||
Gini (2014) | 32,6[7] – medium | ||||
Geldeenheid | Ouguiya (MRO ) | ||||
Tydsone - Somertyd |
GMT (UTC±0) nie toegepas nie (UTC±0) | ||||
Internet-TLD | .mr | ||||
Skakelkode | +222 |
Sowat 20% van Mauritanië se bevolking leef op minder as $ 1,25 per dag.[8] Hedendaagse slawerny is in Mauritanië 'n groot skending van menseregte, sowat 4% (155 600 mense) van die bevolking bestaan uit mense wat teen hulle wil slawe is; hulle is veral die regering se vyande. 'n Ander probleem met menseregte in Mauritanië is genitale verminking,[9] en kinderarbeid.