Mazowedam
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Mazowedam is die enigste dam in die Mazowerivier in Zimbabwe.
Kitsfeite Ligging, Provinsie/Land ...
Mazowedam | |
---|---|
Ligging | naby Harare |
Provinsie/Land | Masjonaland, Zimbabwe |
Koördinate | 17°31′18″S 30°59′19″O |
Dam in | Mazowerivier |
Doel | Besproeiing |
Soort dam | Gravitasiedam |
Hoogte van wal | 37 m |
Lengte van wal | 163 m |
Bakmaat | 35 miljoen m³ |
Reservoir | Mazowedam |
Damoppervlak | 1,8 km² |
Sluit
Die dam is 35 km noord van Harare, oos van die A11-hoofweg in die sentrale deel van Masjonaland, by 17.52167°S 30.98861°O / -17.52167; 30.98861. Dit is in 1920 deur die British South Africa Company gebou om besproeiingswater aan lemoenplase te verskaf.
In 1961 is die damwal verhoog tot 37 m en 'n lengte van 163 m. Dit het nou 'n bakmaat van 35 miljoen m³ en vorm 'n meer van 1,8 km² as dit vol is. Dit verskaf water aan 1 600 ha (16 km²) landbougrond.