Niebinêre gender
From Wikipedia, the free encyclopedia
Niebinêr (of genderqueer) is ’n spektrum van genderidentiteite wat nie eksklusief manlik of vroulik is nie; dit val dus buite die tweeledige geslagsindeling.[3][4] Niebinêre identiteite kan onder die transgender-sambreel val, want baie niebinêre mense identifiseer met ’n gender wat anders is as hulle toegewese geslag.[5] In Engels word dit ook enby genoem (van NB vir non-binary).[6]
Niebinêre mense kan identifiseer met twee of meer geslagte (dus as "bigender" of "trigender");[7][8] geen gender (agender, genderloos of "neutrois"); as tussen genders of van wisselende genders;[9] of van ’n derde gender of "ander" gender (’n kategorie wat mense insluit wat nie ’n naam aan hulle gender heg nie).[10]
Genderidentiteit verskil van seksuele oriëntasie;[11] niebinêre mense kan ’n verskeidenheid seksuele oriëntasies hê, nes cisgender mense.[12] Sommige niebinêre mense verwerp genderidentiteite heeltemal.[13] Sommige word, nes transgender mense, dikwels medies met chirurgie of hormone behandel vir genderdisforie.
In ’n eksklusiewe onderhoud met Huisgenoot in 2017 het die bekende TV-persoonlikheid Soli Philander erken hy is niebinêr en dat hy nou verstaan hoekom hy altyd "anders" was.[14]