Oekraïne
land in Oos-Europa / From Wikipedia, the free encyclopedia
Oekraïne (Oekraïens: Україна, Oekrajina, [ʊkrɐˈjinɐ], luister (hulp·inligting)) is 'n land in Oos-Europa wat in die suide aan die Swartsee, in die ooste aan Rusland, in die noorde aan Belarus en in die weste aan Pole, Slowakye, Hongarye, Roemenië en Moldowa grens.
| |||||
Volkslied: Ще не вмерла України (tr.: Sjtsje ne wmerla Oekrajini) (Oekraïens vir: "Oekraïne het nog nie vergaan nie") | |||||
Hoofstad | Kijif | ||||
Grootste stad | Kijif | ||||
Amptelike tale | Oekraïens | ||||
Regering | Unitêre semi-presidensiële grondwetlike republiek Wolodimir Zelenski Denis Sjmihal | ||||
Onafhanklikheid Vorming • Kiëf-Roes • Koninkryk Galisië-Wolinië • Kosak-hetmanaat • Oekraïense Volksrepubliek • Wes-Oekraïense Volksrepubliek • Vereniging • Oekraïense SSR • Karpato-Oekraïne • Sowjetse anneskie van Wes-Oekraïne • Onafhanklikheidsverklaring • Onafhanklikheid van die Sowjetunie • Huidige grondwet |
882 1199 18 Augustus 1649 20 November 1917 1 November 1918 22 Januarie 1919 10 Maart 1919 8 Oktober 1938 15 November 1939 30 Junie 1941 24 Augustus 1991 28 Junie 1996 | ||||
Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
603 628[1] km2 (45ste) 233 062 myl2 3,8[2] | ||||
Bevolking - 2023-skatting - 2001-sensus - Digtheid |
36 744 636[3] (41ste) 48 457 102[4] 73,8 / km2 (115de) 191,1 / myl2 | ||||
BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2023-skatting | ||||
BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2023-skatting | ||||
MOI (2021) | 0,773[6] (77ste) – hoog | ||||
Gini (2020) | 25,6[7](18de) – laag | ||||
Geldeenheid | Griwnja, гривня (UAH ) | ||||
Tydsone - Somertyd |
OET (UTC+2) OEST (UTC+3) | ||||
Internet-TLD | .ua, .укр | ||||
Skakelkode | +380 |
Oekraïne is die tweede grootste land in Europa ná die Russiese Federasie en die grootste wat in sy geheel in Europa lê. Die hoofstad is Kijif. Noord van Kijif lê Tsjornobil (vroeër bekend as Tsjernobil) wat met die kernramp van 1986 verbind word. Drie groot riviere deurkruis die land, die Dnipro (in die weste tot onlangs hoofsaaklik bekend onder sy Russiese naam Dnjepr), die Dnister en die Donets.
Deur die loop van die geskiedenis het Oekraïne en sy streke deel uitgemaak van minstens 14 verskillende state voordat dit uiteindelik in die laat 20ste eeu as onafhanklike republiek gevestig is. Die belangrikste van hierdie moondhede was die Koninkryk Pole-Litaue, die Russiese Tsareryk en die Sowjetunie.[8]
Volgens oorlewerings was Kiëf-Roes, 'n ryk wat in die 9de eeu deur Skandinawiese Warangiërs gestig is, die eerste histories gedokumenteerde Oos-Slawiese staat. Dit het in die Middeleeue tot 'n magtige ryk ontwikkel, maar later, in die 12de eeu, verbrokkel. Teen die middel van die 14de eeu het Oekraïense gebiede onder die bewind van drie vreemde moondhede gestaan – die Goue Horde, die Grootvorstedom Litaue en die Koninkryk Pole. Ná die Groot Nordiese Oorlog (1700–1721) het Oekraïense gebiede deel geword van 'n aantal streeksmoondhede. In die 19de eeu is die grootste deel van die land by die Russiese Ryk ingelyf, terwyl die res onder Oostenryks-Hongaarse bewind gestaan het.
Ná die Eerste Wêreld- en die Russiese Burgeroorlog is Oekraïne deur gewapende konflikte geteister, terwyl tussen 1917 en 1921 verskeie pogings onderneem is om die land as onafhanklike staat te herstel. Ondanks internasionale erkenning het Oekraïne onder Sowjet-Russiese invloed gekom om op 30 Desember 1922 as Oekraïense Sosialistiese Sowjetrepubliek een van die stigtersrepublieke van die Sowjetunie te word. Kort voor en ná die Tweede Wêreldoorlog is gebiede langs die westelike grens by die Oekraïense SSR ingelyf. In 1954 het die Krimskiereiland onder Oekraïense administrasie gekom. Die Oekraïense SSR was in 1945 een van die stigterslede van die Verenigde Nasies.
Oekraïne het sy onafhanklikheid ná die verbrokkeling van die Sowjetunie in 1991 herwin. Die oorskakeling na 'n markekonomie was 'n moeilike proses wat met 'n lang resessie gepaard gegaan het. Die globale ekonomiese krisis in 2008 het die land nog eens in 'n resessie gedompel. Intussen toon die Oekraïense bruto binnelandse produk hoë jaarlikse groeisyfers. Oekraïne het tot 'n belangrike mark van globale betekenis ontwikkel en was in 2011 die derde grootste graanuitvoerder ter wêreld.