Pikardies
From Wikipedia, the free encyclopedia
Pikardies (Picard) is 'n Romaanse taal, wat nou verwant is aan Frans. Pikardies is die omgangstaal van die noorde van Pikardië en die grootste deel van Nord-Pas-de-Calais (onder andere Artois en die Franstalige gebiede van Frans-Vlaandere) asook die weste van Wallonië (Belgies gebied, te weet Henegouwen byna in sy geheel en 'n bietjie van Vlaams-Brabant en Namen).
Kitsfeite Pikardies Picard, Amptelike status ...
Pikardies Picard | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Frankryk België | |
Gebied: | Pikardië Artesië Frans-Vlaandere Wallonië | |
Totale sprekers: | 700 000 | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Romaans Wes-Romaans Galloiberies Galloromaans Gallorhaeties Oïl Pikardies | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | ||
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | - | |
ISO 639-2: | - | |
ISO 639-3: | pcd | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Sluit
Gerwoonlik verwys net die bewoners van Pikardie na die taal as Pikardies, terwyl dit in Vlaandere en Artois chti of chtimi en in die gebied van Valenciennes Rouchi genoem word. Die dialekte is onderling goed verstaanbaar.