Piëmontees
Wes-Romaanse taal, wat in die gewes Piëmont (Noordwes-Italië) gepraat word / From Wikipedia, the free encyclopedia
Piëmontees (Piemontèis) is 'n Wes-Romaanse taal, wat deur sowat drie miljoen mense in die gewes Piëmont (Noordwes-Italië) gepraat word. Alhoewel baie taalkundiges Piëmontees as 'n selfstandige taal beskou, word dit in Italië by die streekdialekte gereken en nie as 'n amptelike taal erken nie. Geografies en taalkundig is dit nou verwant aan die ander Noord-Italiaanse streektale soos Lombardies, Emilia-Romagnools en Liguries, maar toon ook baie ooreenkomste met Provensaals en Frans.
Kitsfeite Piëmontees Piemontèis, Amptelike status ...
Piëmontees Piemontèis | ||
---|---|---|
Gepraat in: | Italië | |
Gebied: | Piëmont | |
Totale sprekers: | 3 miljoen | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Romaans Wes-Romaans Galloitalies Piëmontees | |
Skrifstelsel: | Latynse alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | ||
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | - | |
ISO 639-2: | - | |
ISO 639-3: | pms | |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Sluit