Plungė
From Wikipedia, the free encyclopedia
Plungė (Pools: Płungiany) is 'n stedelike nedersetting en administratiewe setel van die gelyknamige rajonmunisipaliteit, geleë in die distrik Telšiai in die noordweste van Litaue. 'n Verskeidenheid historiese en argitektoniese besienswaardighede, waaronder die 19de eeuse paleis van vors Mykolas Oginskis, wat in die middestad geleë is en tans onder meer die Samogitiese Kunsmuseum huisves, het daartoe bygedra dat Plungė as Litaue se kulturele hoofstad van 2009 aangewys is. Plungė dien as die poort tot die nabygeleë Nasionale Žemaitija-park.
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Litaue |
Administratiewe distrik | Telšiai |
Koördinate | 55°55′12″N 21°51′00″O |
Stigting (eerste verwysing) | 1567 |
Stadstatus | 1792 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 30 vk km |
Hoogte bo seevlak | 119 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2018) | 17 318 |
- Bevolkingsdigtheid | 577/vk km |
Tydsone | EET (UTC +2) |
- Somertyd | EEST (UTC +3) |
Klimaat | |
- Tipe | Kontinentaal-gematig |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | -°C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | - / - °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | - mm |
Burgemeester (meras) | Elvyra Lapukiene |
Amptelike Webwerf | www.plunge.lt/ |