Prinses Stéphanie van Monaco
From Wikipedia, the free encyclopedia
Prinses Stéphanie van Monaco (Stéphanie Marie Elisabeth Grimaldi, Gravin van Polignac; gebore 1 Februarie 1965) is ’n lid van die Huis van Grimaldi. Sy is die jongste dogter van wyle prins Rainier III van Monaco en sy vrou, die voormalige Amerikaanse aktrise en Oscar-wenner Grace Kelly, en die suster van Albert II van Monaco en Caroline, Prinses van Hannover. Stéphanie was al ’n sangeres, swemdragontwerper en model.
Kitsfeite Naam, Volle naam ...
Prinses Stéphanie | |
---|---|
Naam | Stéphanie |
Volle naam | Stéphanie Marie Elisabeth |
Gebore | 1 Februarie 1965, Monaco |
Eggenoot | Adans Lopez Peres (getroud 2003, geskei 2004) Daniel Ducruet (getroud 1995, geskei 1996) |
Kinders | Louis Ducruet Pauline Ducruet Camille Gottlieb |
Huis | Grimaldi |
Vader | Rainier III |
Moeder | Grace Kelly |
Sluit
Sy was ’n passasier in die motor waarin haar ma op 13 September 1982 op ’n bergpad verongeluk het. Sy kon nie prinses Grace se begrafnis bywoon nie omdat sy toe nog in die hospitaal herstel het van beserings van die ongeluk.