Punaauia
From Wikipedia, the free encyclopedia
Punaauia of Puna'auia is ’n munisipaliteit in die voorstede van Papeete in Frans-Polinesië, ’n oorsese gebied van Frankryk in die Stille Oseaan. Punaauia is op die eiland Tahiti geleë, wat op sy beurt deel van die Bowindse Eilande van die Geselskapseilande is.
Punaauia | |
---|---|
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Frankryk |
Oorsese gebied | Frans-Polinesië |
Koördinate | 17°38′S 149°36′W |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 75,9 vk km |
Hoogte bo seevlak | 0–2241 m |
Bevolking: | |
- Totaal (2007) | 25 441 |
- Bevolkingsdigtheid | 340/vk km |
Tydsone | UTC -10 |
- Somertyd | UTC -9:30 |
Burgemeester | Rony Tumahai |
Die Franse skilder Paul Gauguin het in die laat 1890's in Punaauia gewoon. Hy het hier sy meesterstuk Waar Kom Ons Vandaan? Wat Is Ons? Waarheen Gaan Ons? geskilder.