Quelimane
From Wikipedia, the free encyclopedia
Quelimane (uitgespreek [keliˈmani]) is 'n seehawe aan die mond van die gelyknamige rivier in Mosambiek, sowat 300 km noordoos van die hawestad Beira. Dit is die hoofstad van die Zambezia-provinsie en het 'n bevolking van sowat 200 000.
Kitsfeite Land, Provinsie ...
Quelimane | |
---|---|
Stad | |
Koördinate: 17°53′S 36°53′O | |
Land | Mosambiek |
Provinsie | Zambezia |
Stadstatus | 1942 |
Oppervlak | |
• Totaal | 117 km2 (45 vk. myl) |
Hoogte | 1 m (3 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 192 876 |
Tydsone | UTC+2 (SAT) |
Sluit
Dit was 'n berugte slawehawe in die 18e en 19e eeu, maar is nou 'n besige uitvoerhawe vir koper, katoen, mielies, suiker, tee en tabak.