Republiek Nowgorod
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Republiek Nowgorod (Russies: Новгородская республика; Nowgorodskaja respoeblika) was ’n groot Middeleeuse Russiese stadstaat wat tussen die 12de en 15de eeu gestrek het van die Oossee tot die Oeralgebergte, met die stad Nowgorod as middelpunt. Inwoners het daarna verwys as "Meester Nowgorod die Grote" (Господин Великий Новгород).
| ||||
Republiek Nowgorod omstreeks 1400 n.C. | ||||
Hoofstad | Weliki Nowgorod | |||
Taal/Tale | Russies Ou Kerkslawies | |||
Godsdiens | Oosters-Ortodokse Kerk | |||
Regering | Republiek | |||
Historiese tydperk | Middeleeue | |||
- Gevestig | 1136 | |||
- Ontbind | 1478 |