Rote Insel
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Rote Insel (Duits: "Rooi Eiland", ook Schöneberger Insel genoem) is 'n kwartier in die Berlynse stadsdeel Schöneberg wat sedert die administratiewe hervorming van 2001 deel uitmaak van die distrik Tempelhof-Schöneberg. Die Rote Insel vorm self geen administratiewe eenheid nie.
Die kwartier se naam is afgelei van sy ligging tussen die spoorlyne van die Berlynse stadstreinstelsel en die tradisionele linkse politieke oriëntering van sy arbeidersbevolking. Mense het hulle hier in die 1930's en 1940's nog steeds verset teen die Nasionaal-Sosialistiese bewind. In boukundige opsig pronk die kwartier met die Koningin-Luise-Gedagteniskerk van 1912 en die historiese gasometer wat as 'n nywerheidsmonument oor die kwartier toring.
Die geboortehuis van die bekende aktrise en sangeres Marlene Dietrich lê in die Rote Insel se Leberstraße. Alfred Lion, medestigter van die befaamde Amerikaanse jazz-etiket Blue Note, is eweneens in die kwartier gebore. Ook sy geboortehuis in Gotenstraße 7 staan steeds.