Saint-Palais, Pyrénées-Atlantiques
From Wikipedia, the free encyclopedia
Saint-Palais (Baskies: Donapaleu) is 'n dorpie geleë in die Franse département Pyrénées-Atlantiques in die région Akwitanië. Dit is ook in die voormalige Franse provinsie Neder-Navarra, deel van die Franse Baskeland, waarvan dit vir 'n tydlank die hoofstad was. Die dorpie se naam kom van San Palay en gedenk Pelayo, 'n tienerseun wat in ongeveer 850 in Cordoue gemartel is.
Kitsfeite Land, Gewes (region) ...
Saint-Palais | |
---|---|
'n Uitsig oor Saint-Palais | |
Koördinate: 43°19′45″N 1°01′57″W | |
Land | Frankryk |
Gewes (region) | Akwitanië |
Département | Pyrénées-Atlantiques |
Arrondissement | Bayonne |
Kanton | Saint-Palais |
Regering | |
• Burgemeester | Jean-Jacques Loustaudaudine |
Oppervlak | |
• Totaal | 7,44 km2 (2,87 vk. myl) |
Hoogte | 52–263 m (171–863 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 1 875 |
• Digtheid | 252/km2 (650/vk. myl) |
Poskode | 64120 |
Skakelkodes | 64493 |
Sluit
Die dorpie is die hoofstad van die pays de Mixe streek. Die dorpie se water kom van die Bidouze, wat in die kalksteen berge van Arbailles ontstaan, en die rivier se sytak die Joyeuse.