Serwië en Montenegro
From Wikipedia, the free encyclopedia
Serwië en Montenegro, ook Serwië-Montenegro (Serwies: Србија и Црна Гора, Srbija i Crna Gora), het tussen 27 April 1992 en 3 Junie 2006 op die gebied van die huidige republieke Serwië, Kosowo en Montenegro bestaan. Tussen 27 April 1992 en 4 Februarie 2003 het die Bondsrepubliek Joego-Slawië (Serwies: Савезна Република Југославија, Savezna Republika Jugoslavija) bestaan.
| |||||
| |||||
Volkslied: Hej, Sloveni (Serwies vir: "Hey, Slawiërs") | |||||
Ligging van Serwië en Montenegro | |||||
Hoofstad | Belgrado | ||||
Taal/Tale | Serwo-Kroaties (1992–1997) Serwies (1997–2006) | ||||
Regering | Republiek | ||||
President | |||||
- 1992–1993 | Dobrica Ćosić | ||||
- 1993–1997 | Zoran Lilić | ||||
- 1997–2000 | Slobodan Milošević | ||||
- 2000–2003 | Vojislav Koštunica | ||||
- 2003–2006 | Svetozar Marović | ||||
Eerste Minister | |||||
- 1992–1993 | Milan Panić | ||||
- 1993–1998 | Radoje Kontić | ||||
- 1998–2000 | Momir Bulatović | ||||
- 2000–2001 | Zoran Žižić | ||||
Historiese tydperk | Nuwe Tyd | ||||
- Stigting | 28 April 1992 | ||||
- Ontbinding | 5 Junie 2006 | ||||
Oppervlakte | |||||
- 2006 | 102 350 km2 39 518 sq mi | ||||
Bevolking | |||||
- 2006 skatting | 10 832 545 | ||||
Digtheid | 105,8 /km² 274,1 /sq mi | ||||
Geldeenheid | Joego-Slawiese dinar (1992-2003) Serwiese dinar (Serwië, 2003-2006) Duitse mark (Montenegro, 1992-2002) Euro (Montenegro, 2002-2006) |
Ná die verval van die Sosialistiese Federale Republiek van Joego-Slawië deur die onafhanklikheidsverklaringe van Masedonië, Slowenië, Kroasië en Bosnië-Herzegowina in die vroeë 1990's is op 27 April 1992 die Bondsrepubliek Joego-Slawië gestig. In die Joego-Slawië-oorloë het die Bondsrepubliek Joego-Slawië teen die ander lande oorloë gevoer. Op 4 Februarie 2003 het die voormalige Bondsrepubliek Joego-Slawië hulself na Serwië en Montenegro hernoem. Op 3 Junie 2006 het Montenegro sy onafhanklikheid verklaar nadat die bevolking in 'n referendum daarvoor gestem het. Op 17 Februarie 2008 het die parlement van Kosowo die onafhanklikheid van Serwië verklaar.