Smørrebrød
From Wikipedia, the free encyclopedia
Smørrebrød (oorspronklik smør og brød; Deens vir botter en brood) is gewoonlik 'n sny gebotterde rogbrood (rugbrød), wat 'n dik, donkerbruin brood is. Pålæg (letterlik opleg), die vulsel, kan uit winkel- of tuisgemaakte opgekerfde kouevleis of vis, kase of smere bestaan. Hierdie daaglikse handeling vorm die grondslag waarop die Dene hul oop toebroodjie, smørrebrød, vervolmaak het: 'n snytjie of twee pålæg word op die gebotterde broodjie geplaas, en dan pyntet (versier) met die regte bykosse om 'n smaaklike en aantreklike voedsel te bedien.