Stade Félix-Bollaert
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Stade Félix-Bollaert is 'n stadion in Lens, Frankryk, wat in 1932 gebou is. Dit is die tuisveld van die sokkerspan RC Lens. Die stadion se kapasiteit is 38 223 (meer as Lens se huidige bevolking van ongeveer 37 000). Die naam van die stadion is afkomstig van die direkteur van 'n plaaslike mynmaatskappy wat kort voor die inhuldiging van die stadion oorlede is. Die stadion is vir sommige van die wedstryde van die Europese Sokkerkampioenskap 1984, FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1998, Rugbywêreldbeker 1999, Rugbywêreldbeker 2007 en Europese Sokkerkampioenskap 2016 gebruik.
Kitsfeite Ligging, Koördinate ...
Stade Félix-Bollaert | ||
Ligging | Lens, Frankryk | |
---|---|---|
Koördinate | 50°25′58″N 2°48′54″O | |
Eienaar | Stad Lens | |
Kapasiteit | 38 223 | |
Oppervlak | Gras | |
Konstruksie | ||
Gebou | 1932 | |
Geopen | 18 Junie 1933 | |
Renovasie | 1954, 1976, 1977, 1983, 1995–1997, 2014–2015 | |
Huurders | ||
RC Lens |
Sluit