Stavronikita-klooster
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Stavronikita-klooster (Grieks: Μονή Σταυρονικήτα) is ’n Oosters-Ortodokse klooster aan die ooskus van Berg Athos in Griekeland. Dit is 15de in rang van die skiereiland se kloosters en is toegewy aan sint Nikolaas. Daar is tans 30 tot 40 monnike.
Die klooster is in 1536 op ’n rots naby die see gebou op ’n plek wat al in die 10de eeu deur monnike bewoon is. Dit is die laaste klooster wat op Berg Athos ingewy is.