Steve McQueen
From Wikipedia, the free encyclopedia
Terence Steven "Steve" McQueen (24 Maart 1930 – 7 November 1980) was ’n Amerikaanse akteur. Met sy antiheld-persoonlikheid tydens die hoogtepunt van die teenkultuurbeweging van die 1960's was die "King of Cool", soos hy genoem is, in die 1960's en 1970's ’n top-aantrekkingskrag by die loket.
Kitsfeite Geboortenaam, Geboorte ...
Steve McQueen | |
McQueen in 1959 in Wanted: Dead or Alive. | |
Geboortenaam | Terence Steven McQueen |
---|---|
Geboorte | (1930-03-24)24 Maart 1930; Beech Grove, Indiana, VSA |
Sterfte | 7 November 1980 (op 50); Ciudad Juárez, Chihuahua, Mexiko |
Aktiewe jare | 1953-1974, 1978-1980 |
Sluit
Hy het ’n Oscar-benoeming gekry vir sy spel in The Sand Pebbles. Sy ander gewilde prente was onder meer The Cincinnati Kid, The Thomas Crown Affair, Bullitt, The Getaway en Papillon, en hy was een van ’n hele span bekende akteurs in prente soos The Magnificent Seven, The Great Escape en The Towering Inferno.