Stigtingsdag
voormalige openbare vakansiedag in Suid-Afrika / From Wikipedia, the free encyclopedia
Stigtingsdag is 'n voormalige openbare vakansiedag in die Unie van Suid-Afrika en die Republiek van Suid-Afrika. Op die dag is Jan van Riebeeck se aankoms op 6 April 1652 aan die Kaap gevier. Op hierdie datum, 300 jaar later, word die Van Riebeeck-fees luisterryk gevier. Die dag is vanaf 1952 tot 1974 as Van Riebeeckdag gedenk, en daarna vanaf 1980 tot 1994 as Stigtingsdag.