Suid-Afrikaanse Lugdiens Vlug 295
vlug wat in 1987 in die Indiese Oseaan neergestort het / From Wikipedia, the free encyclopedia
Suid-Afrikaanse Lugdiens Vlug 295 was 'n kommersiële vlug wat 'n noodlottige brand aan boord die kajuit beleef het en op 28 November 1987 in die Indiese Oseaan, naby die eiland Mauritius, neergestort het.
Meer inligting Die Boeing 747 Helderberg van Vlug 295 ...
Suid-Afrikaanse Lugdiens Vlug 295 | |
---|---|
Datum: | 28 November 1987 |
Oorsaak: | Brand in die kajuit |
Plek van ramp: | Indiese Oseaan, naby Mauritius |
Sterftes: | 159 |
Vliegtuigtipe: | Boeing 747 Combi |
Vliegtuig-stertnommer: | ZS SAS |
Oorsprong: | Taoyuan Internasionale Lughawe, Taiwan |
Halte 1: | Sir Seewoosagur Ramgoolam Internasionale Lughawe, Mauritius |
Bestemming: | Jan Smuts Internasionale Lughawe |
Passasiers: | 140 |
Bemanning: | 19 |
Oorlewendes: | Geen |
Sluit
Vlug 295, 'n Suid-Afrikaanse Lugdiens-Boeing 747-makrostraler (B-747-244B Combi) met registrasienommer ZS-SAS en wat "Helderberg" geheet het, het opgestyg vanaf die Taoyuan Internasionale Lughawe in Taiwan op pad na Johannesburg via Mauritius. Daar was 140 passasiers en 19 bemanningslede aan boord: geen oorlewendes is gevind nie.