Suidelike Krap-newel
planetêre newel in die sterrebeeld Sentour / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Suidelike Krap-newel is ’n newel ’n paar duisend ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Sentour. Die middel van die newel is ’n sterpaar wat bestaan uit ’n Mira-veranderlike en ’n witdwerg.
Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Die naam onderskei die newel van die Krap-newel in die Noordelike Halfrond. Van die Aarde af lyk dit soos die lyf en pote van ’n krap of soos ’n uurglas. Die newel is vantevore al met teleskope van die Aarde af gesien, maar foto's deur die Hubble-ruimteteleskoop (regs) in 1999 wys baie meer detail.
Die Suidelike Krap-newel word ook of Hen2-104 of Herithwock 137-80 genoem.