Sweis - en soldeerwerk
From Wikipedia, the free encyclopedia
Sweis- en soldeerwerk word gedoen om metaal- of kunsstofvoorwerpe homogeen te las. By sweiswerk ontstaan heelwat warmte en die materiaal word gedeeltelik vloeibaar gemaak sodat dit geheg kan word. Soldeerwerk geskied by laer temperature en 'n maklike smeltbare metaal word gebruik om twee voorwerpe mee te las.
Dit is voorgestel dat hierdie artikel Verdeel moet word. (bespreek) |
Sweiswerk omvat die maak van druk- of smeltlasse en daar is verskillende tegnieke waarvolgens dit verkry kan word. Spesiale voorsorg moet by sweis- en soldeerwerk getref word om te voorkom dat daar oksidasie plaasvind, om onsuiwerhede te verwyder en om te voorkom dat lugborreltjies in die las gevorm word. Sweiswerk is 'n tegniek waarmee metale en kunsstowwe gelas word. Om dit te bewerkstellig, word die materiaal gedeeltelik vloeibaar gemaak en soms druk daarop uitgeoefen, of 'n ander vloeibare materiaal word gebruik om 'n verbinding te verkry.
Die lasse word ingedeel in druk en smeltlasse, en by metale word hoë temperature dikwels daarvoor vereis. By kunsstowwe kan volstaan word met 'n matige verwarming waarna die dele teen mekaar gedruk word. Die las van metale bring heelwat probleme mee. Metale met 'n hoë mangaan (Mn)-, koolstof (C)- of aluminium (A1)-inhoud las veral moeilik en soms glad nie. Die goeie geleidingsvermoë van metale bemoeilik ook sweiswerk aangesien die lasplek sterk verhit moet word om die gewenste temperatuur te bereik. Daardeur neig die metale dan om te vervorm. Die metaal kan ook gasse soos suurstof, stikstof of waterstof opneem, waardeur holtes in die metaal ontstaan.