Tiaré tahiti
From Wikipedia, the free encyclopedia
Tiaré tahiti of Gardenia taitensis[2] (ook die Tahitiaanse Gardenia genoem) is ’n plantspesie in die Rubiaceae-familie. Dit is ’n immergroen tropiese struik wat tot 4 meter hoog word en het blink, donkergroen blare van 5–16 cm lank.
Tiaré tahiti | |
---|---|
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Divisie: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | G. taitensis |
Binomiale naam | |
Gardenia taitensis Augustinus Pyramus de Candolle[1] | |
Die blom is roomwit, geurig en windmeultjievormig met vyf tot nege lobbe (elke lob is 2–4 cm lank). Dit is inheems aan die suidelike Stille Oseaan, en is een van die min kultuurplante wat inheems aan Polinesië is. Dit is die nasionale blom van Frans-Polinesië en die Cookeilande.
Die blom se name is effens misleidend omdat dit nie inheems aan Tahiti is nie. Die wetenskaplike naam is geskoei op voorbeelde wat die Franse ontdekkingsreisiger Jules Dumont d'Urville in 1824 uit Tahiti gebring het. Die plant het sy oorsprong in Wes-Polinesië en is deur vroeë setlaars na Frans-Polinesië gebring.[3]