Toerismesyfers van Suid-Afrika
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die eerste onderstaande tabel lys die belangrikste lande waar buitelandse toeriste wat Suid-Afrika besoek woonagtig is, soos aangegee in die publikasies van Statistiek Suid-Afrika (2011–2014). Die syfers is slegs van toepassing op één maand, naamlik Januarie. Die lande waarvan die besoekertal meer as tienduisend is word in vetdruk aangegee. Afrikalande buite die SAOG, asook ongespesifiseerde lande, word weggelaat.
Die tweede tabel lys enkele lande wat nie in Statistiek Suid-Afrika se publikasies uitgelig word nie – soos Rusland, wat deel van die BRICS-lande uitmaak.