Toruń
From Wikipedia, the free encyclopedia
Toruń ([ˈtɔruɲ] luister (hulp·inligting), Duits Thorn) is 'n stad in die Poolse woiwodskap Kujawië-Pommere. Dit is sowat 180 kilometer noordwes van die hoofstad Warskou aan die Wisła-rivier (Duits Weichsel) geleë en dien as setel van die woiwodskapsmaarskalk, sy regering en die Sejmik, die woiwodskapsparlement.
Kaart | Wapen |
Vlag | |
Land | Pole |
Woiwodskap | Kujawië-Pommere |
Koördinate | 53°1′N 18°37′O |
Stigting | 1231 |
Stadstatus | 28 Desember 1233 |
Oppervlakte: | |
- Totaal | 115,75 vk km |
Hoogte bo seevlak | 65 m |
Bevolking: | |
- Totaal (31 Desember 2010) | 205 312 |
- Bevolkingsdigtheid | 1 774,8/vk km |
Tydsone | MET (UTC +1) |
- Somertyd | MEST (UTC +2) |
Klimaat | |
- Tipe | Kontinentaal-gematig |
- Gemiddelde jaarlikse temperatuur | 7,9 °C |
- Gem. temp. Januarie/Julie | -2,5/18,1 °C |
- Gemiddelde jaarlikse neerslae | 508 mm |
Stadspresident | Michał Zaleski |
Amptelike Webwerf | www.torun.pl/ |
In sy bloeitydperk omstreeks 1300 was Toruń die beduidendste Hansestad tussen Stralsund en Riga en het as "Koningin van die Wisła" bekend gestaan.[1][2] Met 'n bevolking van 205 000 (waarvan 32 000 studente is) is Toruń vandag 'n belangrike universiteits- en nywerheidstad en knooppunt van die Poolse spoorwegnetwerk met 'n uitgestrekte opstelterrein. Die stad staan veral bekend vir sy historiese stadskern met talle geboue in die boustyl van die Noord-Duitse Baksteengotiek, wat deur UNESCO in 1997 tot wêrelderfenisgebied verklaar is, en as geboorteplek van die beroemde 15de eeuse sterre-, wis- en geneeskundige Nicolaas Copernicus.
Naas Krakow is Toruń die enigste argitektonies belangrike stad in Pole wat tydens die Tweede Wêreldoorlog nie skade gely het nie. Die historiese middestad word tradisioneel verdeel in die Ou Stad (Stare Miasto), die Nuwe Stad (Nowe Miasto) en die Kasteel van die Duitse Orde (Zamek krzyżacki).