Tuamotu-argipel
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Tuamotu-argipel (Frans: Îles Tuamotu) is ’n Frans-Polinesiese groep van amper 80 eilande en atolle wat van die noordweste tot die suidooste oor ’n gebied van die Suidsee strek wat min of meer so groot soos Wes-Europa is, met ’n landoppervlakte van 850 km2 en 16 000 inwoners. Dit vorm die grootste atolgroep in die wêreld.
Kitsfeite Geografie, Administrasie ...
Tuamotu-argipel | |
---|---|
Vlag van die Tuamotu-argipel. | |
Geografie | |
Ligging | Stille Oseaan |
Argipel | Polinesië |
Totale eilande | 78 |
Hoofeilande | Anaa, Fakarava, Hao, Makemo
|
Administrasie | |
Sien teks. | |
Franse oorsese gebied | Frans-Polinesië, Frankryk
|
Demografie | |
Bevolking | 15 862
|
Sluit
Die belangrikste eilande is Anaa, Fakarava, Hao en Makemo.
Die eerste bewoners van die Tuamotu-eilande was Polinesiërs en die Tuamotuane deel dus die Polinesiese taal en kultuur.