Vlag van São Tomé en Príncipe
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die nasionale vlag van São Tomé en Príncipe is op 5 November 1975 amptelik in gebruik geneem. Die vlag vertoon ’n rooi driehoek aan die vlagpaalkant met drie bane (van bo na onder) in groen, geel en groen (in verhouding 2:3:2) met twee swart vyfpuntige sterre in die geel baan aan die wapperkant.
Kitsfeite Gebruik, Verhouding ...
Gebruik | Nasionale vlag en vaandel |
---|---|
Verhouding | 1:2 |
Goedgekeur | 5 November 1975 |
Ontwerp | ’n Rooi driehoek aan die vlagpaalkant met drie bane in groen, geel en groen aan die wapperkant met twee swart sterre in die geel baan (aan die wapperkant). |
Sluit