Wêreld- Ekonomiese Forum
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Wêreld- Ekonomiese Forum ((en) World Economic Forum – WEF) is 'n jaarlikse byeenkoms van die hoof- uitvoerende beamptes (HUBs) van die grootste maatskappye ter wêreld, internasionale politici (presidente, eerste ministers en ministers), intellektuele en joernaliste, altesaam sowat 2 500 persone. Die WEF organiseer jaarliks in die winter 'n jaarvergadering in Davos, Switserland, asook diverse streekskonferensies wêreldwyd. Dit 'n invloedryke platform, aangesien die mees invloedryke persone, waaronder baie staatshoofde saamkom om die belangrikste hedendaagse en toekomstige wêreldprobleme te bespreek.
Die WEF is in 1971 deur Klaus M. Schwab, 'n Switserse hoogleraar en sakeman, gestig. Die hoofkantoor is in Genève gesetel, waar dit geregistreer is as 'n nie-winsgewende stigting. Ongeveer 400 personeellede van meer as 50 nasionaliteite is by die hoofkantoor werksaam.