Wêrelderfenisgebiede in Suid-Afrika
Wikimedia lysartikel / From Wikipedia, the free encyclopedia
Daar is tans 1 091[1] Wêrelderfenisgebiede op aarde wat beskerm word om hulle natuurlike skoonheid of kulturele en geskiedkundige belangrikheid te bewaar. Plekke wat as wêrelderfenisgebiede aangewys is kry nasionale en internasionale erkenning en is 'n belangrike faktor vir toerisme.
Tien plekke in Suid-Afrika is deur die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie (Unesco) tot Wêrelderfenisgebiede verklaar. Hulle is:
- Robbeneiland (1999)[2]
- iSimangaliso-vleilandpark (voorheen bekend as die Groter St. Lucia-Vleilandpark) (1999)[3]
- Die Wieg van die Mensdom (die hominiedfossielterreine van Sterkfontein, Swartkrans, Kromdraai en omgewings) (1999)[4]
- uKhahlamba-Drakensbergpark (2000)[5]
- Die Mapungubwe kulturele landskap (2003)[6]
- Die Kaapse floraryk (2004)[7]
- Die Vredefortkoepel (2005)[8]
- Richtersveld (Kulturele en botaniese Landskap) (2007)[9]
- ǂKhomani (Kulturele Landskap) (2017)[10]
- Barberton Makhonjwa-Berge (2018)[11]