Wêreldhandelsentrum
voormalige wolkekrabberkompleks in Manhattan, New York (1968-2001) / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Wêreldhandelsentrum (Engels: World Trade Center) was 'n kompleks bestaande uit sewe geboue in New York, wat deur die Amerikaanse argitek Minoru Yamasaki ontwerp is. Dit is onder leiding van Larry Silverstein van die Haweowerheid van New York en New Jersey, rondom 'n sentrale plaza aan die suidekant van Manhattan in die hartjie van die finansiële distrik opgerig. Die kompleks was meestal bekend vanweë sy indrukwekkende Tweelingtorings met 110 verdiepings elk. Die geboue het 'n bomaanval op 26 Februarie 1993 oorleef. Al die geboue in die kompleks is egter met die terroriste-aanval op 11 September 2001 vernietig. Twee (die Tweelingtorings, geboue 1 en 2) het ineengestort en die ander (3, 4, 5, 6) is tydens die aanval onherstelbaar beskadig. Gebou 7 van die Wêreldhandelsentrum het ook ineengestort.
- Hierdie artikel handel oor die voormalige Wêreldhandelsentrum in New York.