Zograf-klooster
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Sint Joris die Zograf-klooster is ’n Bulgaarse klooster op Berg Athos in Griekeland. Dit word ook net die Zograf-klooster (Bulgaars: Зографски манастир; Grieks: Μονή Ζωγράφου, Moní Zográphou) genoem. Daar is tans sowat 15 monnike.
Die klooster is in die laat 9de of vroeë 10de eeu gestig deur drie Bulgare van Ohrid. Dit is genoem na die 13de- of 14de-eeuse Ikoon van Sint Joris bekend as Sint Joris die Zograf (Светѝ Гео̀рги Зогра̀ф). Dié naam kom van die geloof dat die ikoon homself geskilder het op ’n voorbereide doek (zograf(os) in Grieks beteken "skilder").