2022 Golden Globe-wedvaart
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die 2022 Golden Globe-wedvaart is die derde weergawe van die oorspronklike Sunday Times Golden Globe-wedvaart. Die wedvaart, ’n solo-om-die-wêreld-seilwedvaart, het op 4 September 2022 by Les Sables-d'Olonne in Frankryk begin. Dit was soortgelyk aan die 2018-vaart, met die solo-skippers wat in Gijón (Spanje) bymekaargekom het vir die SITraN-proloog op 14 Augustus 2022. Hierna het hulle na Les Sables-d'Olonne geseil vir die GGR Race Village, wat op 21 August 2022 geopen het.[3]
Kitsfeite Weergawe, Lokaal ...
Weergawe | 3de |
---|---|
Lokaal | Les Sables-d'Olonne |
Begin datum | 4 September 2022 |
Seiljagte | 'Retro' veselglas 32-36vt |
Sleutel mense | Don McIntyre, wedvaartvoorsitter Sébastien Delasnerie, wedvaartdirekteur |
Mededingers | 16 |
01 ! Goud | Kirsten Neuschäfer[1] |
02 ! Silwer | Abhilash Tomy[2] |
Sluit
Die wedvaart is deur die Suid-Afrikaner Kirsten Neuschäfer gewen, wat op 27 April 2023 na Les Sables-d'Olonne teruggekeer het, na 'n amptelike tyd van 233 dae, 20 uur, 43 minute en 47 sekondes ter see, ongeveer een dag voor haar naaste teenstander.[4][1]