Agulhasvlakte
streek aan die suidpunt van Afrika / From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Agulhasvlakte is 'n komplekse vleilandstelsel wat aan die suidpunt van Afrika lê.[1][2] Dit begin noord van Bredasdorp, en strek tot na die suidpunt van Kaap Agulhas. Die westelike grens lê naby Gansbaai.[3]
Daar is baie bedreigde spesies in die gebied.[4] Baie van hulle word nie in die staatswoude en privaat natuurreservate langs die kusgebiede aangetref nie, maar woon meer in die binneland.[5][6]