Anna de Villiers
From Wikipedia, the free encyclopedia
Anna Jacoba Dorothea de Villiers was 'n taalkundige, skrywer en opvoedkundige.[1] Sy is op 24 Desember 1900 op Saxenburg, naby Kuilsrivier (distrik Stellenbosch) gebore en is op 1 November 1979 te Stellenbosch oorlede.[2] Sy was die oudste van ses dogters en twee seuns van George Jacob de Villiers en sy vrou Anna Johanna Jacoba Bester. Sy het nooit getrou nie.
Kitsfeite Gebore, Sterf ...
Anna de Villiers | |
---|---|
Dr. Anna de Villiers | |
Gebore | Anna Jacoba Dorothea de Villiers 24 Desember 1900 Plaas Saxenburg by Kuilsrivier |
Sterf | 1 November 1979 |
Nasionaliteit | Suid-Afrika |
Beroep | Taalkundige, skrywer en opvoedkundige |
Ouer(s) | George Jacob de Villiers Anna Johanna Jacoba Bester |
Sluit