Beloetsje
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Beloetsje (Beloetsji: بلوچ) is 'n Irannese etniese groep inheems aan Iran en Pakistan wat Beloetsji, 'n Irannese taal, as moedertaal praat.
- Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Beloetsji.
Kitsfeite Totale bevolking:, Belangrike bevolkings in: ...
Beloetsje | |
---|---|
Iranse Beloetsje-khans in Beloetsjistan, ca. 1900 | |
Totale bevolking: | ca. 10 miljoen |
Belangrike bevolkings in: | Pakistan ~7 miljoen[1] Iran 1,6 miljoen[2] |
Taal: | Beloetsji (moedertaal) Arabies, Sindhi, Persies en Pasjtoe as tweede tale |
Geloofsoortuiging: | Hoofsaaklik Soennitiese Islam[8] |
Verwante etniese groepe: | Ander Irannese volke soos Hasara, Jesiede, Koerde, Ossetiërs, Pasjtoene, Perse en Tadjiks |
Sluit
Wêreldwyd leef byna 10 miljoen Beloetsje, waarvan sowat 7 miljoen in Pakistan (3,6% van die bevolking) en omtrent 1,6 miljoen in Iran (2%). Hulle is veral aanhangers van die Soennitiese Islam en leef in die grensgebied tussen albei lande, asook in Suid-Afghanistan. Die stamgebied van die Beloetsje, Baloetsjistan, streek oor die suidooste van Iran, die weste van Pakistan, die suide van Afghanistan en grens in die suide aan die Arabiese See, 'n see van die Indiese Oseaan.